Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
’N WEKROEP TOT DIE VROU UIT EFESIËRS • Efesiërs 6:14 herinner ons dis tyd vir vroue en moeders om hul wapenrusting aan te trek en hul regmatige plek as oorwinnaars in te neem
’n Dankgebed vir ons ma’s • Geseënd is die hande wat versorg en die harte wat liefhet. Mag elke ma die waardering en eer ontvang wat haar toekom
HILDEGARDT EN HAAR HART SE PUNT • Die aktrise en haar klein grootman wat haar wêreld kleur gee, het ons ateljee kom ophelder vir ons Moedersdag-uitgawe. Dié Skemergrond-aktrise maak oop oor hul kosbare band, die vreugde van ma-wees en die delikate dans tussen verlies en dankbaarheid
‘SY LAASTE OOMBLIKKE LEEF VIR ALTYD IN MY HART’ • Ná Johnny Davids se afsterwe deel sy vrou die laaste oomblikke en die nalatenskap van ’n man wat alles vir sy familie was.. . .
‘ALLE DANK EN EER AAN GOD, ONS PA, EN ONS AKTIVIS-MA’ • Op die ouderdom van drie het die Sass-tweelingsusters hul ma weens borskanker verloor. Twee dekades later het hulle graadgevang en só ook hul ma se nagedagtenis vereer
HERFSJARE VOL KLEUR! • ’n Geloofsprong verdryf die eensaamheid en bring nuwe hoop vir bejaardes
PIET SKRYF SY PAD OOP • Die talentvolle TV-skrywer Piet Matipa vertel oor al die paaie wat die lewe al saam met hom gestap het
GERALDINE BEPAAL HAAR EIE KOERS • Toe ’n onskuldige foto van haar sonder voortande in ’n spottende meme ontaard het, het dié sakevrou en ma besluit om haar waardigheid terug te eis
‘OP GELOOF SE VLERKE DEUR MY STRYD MET MY RARE SIEKTE’ • ’n Oorerflike siekte wat al jare deur haar familie trek, het nie vir haar en haar gesin ondergekry nie – en boonop haar geloof in haar Skepper versterk
BEDERF VIR MA • Stof jou klitsers af en vaar die kombuis in om jou ma te bederf vir Moedersdag met dié gewilde bakresepte
10 STAATMAKERS VIR ELKE MA SE KLEREKAS • Elke ma het ’n paar staatmakers in haar klerekas nodig vir daai dol, besige dae. Dié celeb-ma’s wys hoe dit gedoen word!
MAAK DIT VIR JOU MA • Hier is twee geskenke wat die kroos self vir hul ma kan maak
VRA VIR ANTIE VAL Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad • Verlies en die rouproses hardloop in ’n sirkel, nie ’n lyn nie. En almal ervaar dit anders – niemand s’n is groter nie. Antie Val gee raad
VRA DR. JOLENE Soek jy raad vir ’n mediese probleem? • Dis Wêreldhandhigiënedag op 5 Mei. Dr. Jolene deel hoekom handewas belangrik is en hoe dit jou teen siektes beskerm
WANNEER ELKE ASEMTEUG TEL • ’n Kommerwekkende aantal kinders en volwassenes in Suid-Afrika sterf jaarliks aan asma. Met die vyfde hoogste sterftesyfer ter wêreld kan die belangrikheid om dié siekte en sy simptome te verstaan en korrek te behandel, nie oorbeklemtoon word nie
BEREI SO’ VOOR VIR EGSKEIDING • Julle het besluit dis die einde van die pad vir julle huwelik, maar wat nou? Hier’s raad oor dié groot verandering in jou lewe en wat dit alles behels
WENKE WAT WERK • Wil jy ‘groener’ leef? Ons deel topwenke vir hoe om mikroplastiek te vermy, en ook lekker rate vir Engelse sout inspan in en om die huis, en hoe om jou mondgesondheid te verbeter
VERSTAAN EN HELP SÓ JOU GAMER-KIND • ’n Nuwe boek deur die psigiater dr. Alok Kanojia gee raad oor die sielkunde agter jou kind se verslawing aan rekenaarspeletjies – en hoe om hulle daaruit te lei
STEL DUIDELIKE GRENSE VIR JONGER...