Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Kuier

Kuier

May 21 2026
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

Kuier karaoke • Die ding het geruk by ons tweede Kuier Karaoke by die onlangse Suidoosterfees in die Kaap!

DIE KAAP IN HUL HART, DIE WÊRELD AAN HUL VOETE • Hul drome het dié twee besties al die wêreld oor geneem, maar hul liefde vir hul komvandaan en mekaar, en hul werk hou hulle geanker

GELOOF EN GEREGTROU VIR VROUEREGTE • Ná 'n voorloper-uitspraak oor tradisionele Moslemegskeidings fluister die stem van Moslemvroue nie meer in die gange van Suid-Afrikaanse howe nie. Dit bulder. Kuier vertel hoekom

VEILIGHEID BLY NET 'N DROOM OP DIE VLAKTE • Die weermag is ontplooi op die Kaapse Vlakte, maar die bloed vloei steeds. Ons gesels met kenners en belanghebbendes oor dié brandpunt

‘ONS SOEK GEREGTIGHEID' • Hy is verlam gelaat ná 'n wrede steekvoorval by die skool - nou het sy aanvaller se vonnis 'n Durbanse tiener en sy gesin verpletter gelaat

HUL STUKKENDE HARTE WORD HEEL GESKRYF • Hulle is vier dapper vroue uit kleiner gemeenskappe in die Wes-Kaap wat nie geskroom het om hul gebrokenheid op papier neer te lê en sodoende ook genesing vir ander vroue in soortgelyke omstandighede te bring nie. Wat vir Christall Jacobs, Isabella Saulus, Chante Vincent en Dendalene Jacobs aanvanklik begin het as woorde wat in stil oomblikke van pyn, verlies en selfondersoek neergestip is, is nou omskep in vier inspirerende boeke wat verhale van hoop, oorlewing en pure dapperheid vertel. Dit was ’n goue geleentheid wat die Reset Her Author Project van The Reneal Effect in samewerking met Business and Arts South Africa moontlik gemaak het.

DIE KAROO SEWEGHOLKAMPIOEN • Van die stofstrate van Hopetown na die wenpodium het Arthur Jantjies vir die wêreld gewys ’n buiteperd met genoeg dryfkrag - en ’n láng asem - kan sommer met die intrapslag skoonskip maak!

VRUGTE VIR DIE SIEL • Sy is ’n instelling in Vishoek met haar groente-envrugtestalletjie, en nou is haar verhaal in ’n boek verewig!

AGTER DIE SKERMS MET ’KELDERS’ SE GEON • Die man agter Kelders se Tjoppie is netso plat op die aarde soos sy karakter - met ’n hart wat klop vir sy gesin, kulkuns en akteur wees

KLOP DIE KOUE MET KERRIE! • Wat is nou lekkerder as ’n warm kerrietjie in bibberweer? Die celeb-sjef en TV-persoonlikheid Yudhika Sujanani deel in haar splinternuwe kookboek, Madame Curry, die heerlikste kerries, geregte en gebak uit haar Suid-AfrikaansIndiese herkoms wat jou huismense gaan laat smul. Of jy nou lus vir ’n lekker kerrie, breyani of soetdingetjie, dié resepte bevat iets vir almal!

LEGGINGS • Leggings is nie net lekker om tuis in te ontspan nie. Of jy nou die gemaklike atletiekvoorkoms van die '80's wil laat herleef, of hou van die gebreide soort - ons wys ses moet-hê-silhouëtte en hoe om dit eg stylvol te dra dié seisoen!

SPEEL KLAAR MET SKILFERS • Skilfers is een van die algemeenste kopvelprobleme, maar daar's steeds wanopvattings daaroor. Dit word dikwels op swak higiëne geblameer, maar dis eintlik die gevolg van verskeie faktore, onder meer te veel olie, oormatige groei van natuurlike gis, en selfs stres of weersveranderinge. Met die regte sorg kan dit beheer word. Die Kaapse dermatoloog dr. Dilshaad Asmal gee raad

VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir 'n mediese probleem?

HERSTEL JOU SENUWEESTELSEL • Voel jy oorweldig en oorgestimuleer? Jou...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans